Veiligheid
'n Muur, sekuriteitshekke, elektriese omheining en veilige onderdakparkering.
Daar is vier netjiese bachelor woonstelle op die perseel wat ideaal is vir studente wat hul eie ruimte waardeer. Hierdie woonstelle het gemaklike kombuis- en badkamergeriewe en het volle toegang tot die groot, rustige tuin met 'n swembad en 'n gemaklike braai area.