Meer oor Anmart Studente Behuising

Studente behuising, ons hoekstene

Anmart Studente Behuising word bestuur deur Anton Le Roux. Hy is al meer as tien jaar in die eiendomsbedryf en het ruim ondervinding met die behoeftes van studente inwoners spesifiek.

In hierdie moeilike finansiële klimaat het hulle onderneem om ‘n ekstra diens te verskaf aan hulle kliënte deur die middelman uitteskakel en alle onderhandeling direk te doen sonder die betrokkenheid van van 'n agent of agent kommissie. Met hul persoonlike en toegewyde bestuurstyl is hulle gedrewe om studente verblyf in Potchefstroom te bied wat aan die volgende kern vereistes voldoen. Dit moet veilig, sentraal geleë en belangrikste van al ‘n plek wees waar studente tuis voel.

Daarom belê hulle slegs in eiendomme wat in lyn is met hierdie hoekstene, meer oor elke kriteria hieronder:

Studente Behoeftes

Ruim kamers, Upcapped Fibre internet, swembad- en braaigeriewe, voltydse skoonmaker, voltydse tuindienste en 'n wasmasjien is beskikbaar op die perseel.

Sekuriteit en Veiligheid

Hulle streef daarna om behuising te bied wat veilig is sonder om inwoners ingeperk te laat voel. Anmart Studente Behuising bied 'n muur, sekuriteitshekke, elektriese heinings en onderdakparkering.

Ligging

Hulle is loopafstand van die hoofingang van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en die Bult. Inwoners kan winkels, restaurante en naglewe van die area ten volle benut.

Kontak ons
Anmart Studente Behuising

Met hul persoonlike en toegewyde bestuurstyl is Anmart Studente Behuising gedrewe om studente verblyf in Potchefstroom te bied wat veilig is, sentraal geleë is en waar almal tuis voel.

Kontak ons

Reitzstraat No 45 en 45 A, Potchefstroom Sel:083 273 8571 Sel:082 3269 691 E-pos:proppies1@mweb.co.za
© Copyright 2019 - Website by Scharp Digital